top of page

Nicól & Regardt
nooi julle hartlik uit
7 Junie 2025
Die Hut , Moorreesburg
15:00
Formeel - slegs swart
Slegs volwassenes
Ons storie
Nadat ons ‘n paar dae op ‘n dating app gesels het, het ons mekaar by Chocolat Bistro in Durbanville ontmoet. Nicól was so bietjie op haar senuwees, maar dit was nie Regardt se eerste rodeo nie. Ons het ‘n heerlike koffie geniet en Regardt het basies die hele tyd gepraat. Een koffie het twee koffies geword en die eerste date was 3 ure lank. Sedert daardie dag was daar al vele kuiers, bergklim sessies, ‘n Camino en selfs ‘n geval waar Regardt kos gemaak het.
Ons het in Porto op die voorstoep van ‘n 500 jaar oue kerk verloof geraak waar Regardt die tyd-getoetsde tegniek van “my veters is los” gebruik het.
‘n Jaar en 2 maande later sien ons daarna uit om dit, omring deur ons gunsteling mense, offisieel te maak.
bottom of page